President woedend oor OB optrede

Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, is deur die regsverteenwoordigers van die ANC president daarvan beskuldig dat sy vertroulike bankstate “gelek” het.

Die bankrekening van Ramaphosa wat gebruik was vir inbetalings deur donateurs tydens sy verkiesingsveldtog, wat bekend staan as die CR17 rekening, se gegewens het in die openbaar gekom, en word in ’n ernstige lig beskou.

Die Ramaphosa kamp beweer dat die Openbare Beskermer die enigste punt is wat die inhoud van CR17 kon gelek het, en het die hof versoek om sekere dele daarvan te seël omdat dit niks met die OB se verslag te make het nie.

Alhoewel die kantoor van die OB ontken het dat hulle vir die lekkasie verantwoordelik is, beskou politieke ontleders dit a die finale spyker in haar doodkis as beampte in die senior pos.

Intussen word optrede teen haar afgewag nadat ’n klag by die polisie teen haar gelê is waarin sy ondermeer beskuldig word van meineed.