Premier Johnson vasbeslote oor Brexit

Die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, is vasbeslote om op 31 Oktober die Verenigde Koninkryk te laat uit tree as lid van die Europese Unie.

Johnson het in ’n TV onderhoud gesê die kiesers het ten gunste van uittrede gestem, en dit is reeds twee jaar later, en daarom sal hy seker maak dat uittrede op die finale datum sal geskied.

Politieke ontleders wys daarop dat die Eerste Minister se vasbeslotenheid daarop dui dat hy bereid is om sonder ’n ooreenkoms met die EU, uit te tree op 31 Oktober.

Johnson het nie geantwoord op die vraag of hy as premier sal bedank indien die parlement ’n mosie van wantroue in hom deurvoer nie, wat die indruk laat dat hy ’n bepaalde strategie sal volg om die uittrede te verseker.

Daar bestaan twyfel of die parlement se weiering om uit uittrede toe te laat sonder ’n ooreenkoms met die EU, Johnson gaan stuit. Verskeie Britse deskundiges beweer dat hy die uittrede kan bewerkstellig sonder goedkeuring van die parlement, aangesien hy die wil van die kiesers tot uitvoer bring.