Poetin: Rusland wen die wapen stryd

Uit Moskou het President Vladimir Poetin nie gehuiwer om ’n uitdagende houding in te neem teen die Amerikaanse regering nie, en openlik gesê sy land wen die wapen stryd.

Die Kremlin het die verklaring gemaak kort nadat die Russ vyf van hulle beste deskundiges met kernwapen ontwikkeling verloor het toe ’n nuwe ontwikkelde kern aangedrewe vuurpyl ontplof het.

Rusland is deurlopend besig om nuwe wapentuig te ontwikkel, en skroom nie om sy suksesse met groot reklame ten toon te stel nie.

Intussen word berig dat die radio aktiewe stof wat weens die ontploffing vrygestel word, 16 keer hoër is as wat verwag kon word.

President Trump het verwys na die ontploffing en gesê dit is duidelik dat Rusland besig is met toetse om ’n nuwe kernkrag aangedrewe kruiser missiel te ontwikkel.

Vroeër het Rusland aangekondig dat hy ’n super snel missiel ontwikkel het waarvan die spoed so vinnig is dat geen bestaande afweerstelsel dit sal kan afskiet nie.

Politieke ontleders vermoed egter dat die Russiese president die uitdagende houding en aankondiging gemaak het om sy land se verleentheid oor die ontploffing en verlies aan deskundiges te verberg.