Poetin hou nie van protes

Tydens die afgelope naweek se ontmoeting tussen President Vladimir Poetin van Rusland met die Franse president, Emmanuel Macron, het die Rus se weersin in optogte soos die Franse Geel Hempies uitgespreek.

Poetin sê sulke verset optogte word nie in sy land toegelaat nie, en enige poging word hardhandig gesmoor.

Hy sê vreedsame protes aksies word toegelaat, maar die optrede soos die wat heers in Frankryk, waar geweld en plundering plaasvind, word nie geduld nie.

Die Russiese president het ook gesê die ontploffing tydens die toetse van ’n missiel waarin vyf wetenskaplike omgekom het, is nie ’n gevaar vir die algemene publiek nie.

Poetin sê die radio aktiewe bestraling is geensins van ernstige aard nie, maar wetenskaplike metings toon dat nog meer radio aktiewe bestralings later voorgekom het wat ’n besliste en nadelige uitwerking op die natuur en mense sal hê.

President Poetin was op besoek in Frankryk waar hy by Prsident Macron se somer vakansiehuis opgetree het voordat amptelike samesprekings tussen die twee staatshoofde plaasgevind het.