Perspektief: Kulturele volksmoord

“Ons haat die blanke Afrikaner en gaan elke Afrikaner en Afrikaner-kind met venyn teister!”

Dit is in effek wat die juridiese gesag vandag, by monde van ’n voorspelbaar-rassistiese uitspraak, gesê het.

Nie tevrede met die voortslepende terreur van volksmoord nie, het die haatveldtog jeens ons volk vandag die terrein van kulturele volksmoord betree.

Die simbole van Christen-SA word nou uitdruklik gekriminaliseer – vir geen rede wat die moeite werd is om na te luister nie!

Wat beteken die hofuitspraak?

Dit bevestig die kleingeestige rassisme waaronder blankes, spesifiek Afrikaners, gebuk gaan.

Dit bevestig die applikante (én die volke wie hulle verteenwoordig) se afguns op die prestasies van meer as drie honderd jaar se beskawing, bewerking en bewaring.

(’n prestasie in skrille kontras met die verwoesting van skaars 25 jaar van Afrika-sosialisme …)

Maar hier is ook ’n dieperligende oproep wat kom tot die ore van elke volksgenoot wat bereid gaan wees om te luister:

Dit roep ons, as volk, tot eerlike introspeksie:

Ons het onderweg na vryheid die edel ideale en geloofswaardes van ons vaad’re versaak vir tydelike, materiële voordeel.

Ons het volk-simbole verruil vir die glans van ’n moderne leefwyse.

Nou betaal ons en ons kinders die prys van voorafgaande geslagte se verval – verval waarin baie van die huidige geslagte kritiekloos gedeel het die afgelope vier dekades.

Die oproep kom ook tot ons om te besluit:

Gaan ons teen wil en dank vashou aan ’n wankelrige hersenskim van “volks-eenheid”, los van enige beginsel?

Gaan ons, ons land verlaat en sodoende honderde duisende volksgenote in dieper ellende dompel?

Of gaan ons, ons simbole opnuut koester?

Te min kinders weet wat ons vlae, volksliedere en kultuurskatte verwoord (ander simbole gaan eersdaags geteiken word!) en die simboliek van elke element:

Roepingsgebonde geloof.

Heilige lewenswandel.

Roepingsgehoorsame bewerking en bewaring.

Te min verstaan watter opofferinge daardie simbole van spreek:

Ontberings op die trekpad.

Blaauwkrantz en Moordspruit, Italeni en Modderlaer.

Congela, Swartkoppies en Boomplaats.

Bronkhorstspruit, Laingsnek en Majuba.

Volksmoord-kampe en ’n verskroeide aarde.

Milner se ver-Engelsing, onderwys-aanslae teen ons taal, broederstryd sedert 1914.

Verarming en marginalisering van Afrikaners tussen 1922 en 1947.

Grensoorlog teen kommunistiese oorheersing.

Ekonomiese sabotasie deur front-vakbonde en stedelike terreur.

Maar ewe min verstaan die positiewe wat ons simbole van beskawing verhaal:

Kerstening en eie volharding, wat vrugbare grond geskep het vir SA se ontwikkeling.

Ontwikkeling van ons taal tot wêreld-erkenning in enkele dekades.

Ekonomiese vooruitgang en industriële groei wat in minder as vyf dekades gelei het tot ’n eerste-wêreld land met volhoubare welvaart vir almal.

Wêreld-eerstes op terreine van die akademie, gesondheidsorg, wetenskaplike navorsing, verdediging en energie-opwekking.

(besonderhede te veel om te noem)

Ons moet die goeie koester.

Ons moet die bitter in erkenning hou.

Ons moet die lesse van die verlede nooit weer agterweë laat nie.

Ons moet veral ons simbole bewaar – en ons moet skouer aan die wiel sit om te werk na die dag wat die Oranje-Blanje-Blou weer DV oor ons land sal wapper.