Pakistan stop treine na Indië

Die uiters doeltreffende treindiens tussen Pakistan en Indië het weens die konflik oor Kashmir, klaarblyklik tot stilstand gekom.

Pakistan het sy hoof treindiens na Indië die naweek gestaak en het selfs Indiese firmas aan bande gelê in sy land.

Tot hede het New Delhi geen kommentaar gelewer op die buurland se maatreëls teen hom nie, en Pakistan is gedetermineerd om alle bande met Indië te verbreek as gevolg van die land se beweerde oortreding van die grondwetlike regte van Kashmir.

Die verdraagsaamheid tussen die twee lande wat nou reds 70 jaar duur, is ernstig versteur toe Indië besluit het om sekere maatreëls in te stel in Kashmir, waarvan die belangrikste is dat vreemdelinge nie eiendom in die stad mag koop nie.

Kenners wys daarop dat die Indiese Eerste Minister, wat onlangs ’n klinkende oorwinning in die algemene verkiesing behaal het, nou besig is met maatreëls om Indië ’n sterker greep en houvas op Kashmir te kry.

Intussen het die Verenigde Nasies ’n beroep gedoen op die twee lande om die verskille uit die weg te ruim en die oorspronklike situasie terug te bring.