Pakistan skors Indiese ambassadeur

Die Pakistan Nasionale Veiligheid Komitee het besluit om diplomatieke bande te beëindig met Indie, en daarmee ook die ambassadeur gevra na Indieq terug te keer.

Die optrede volg na ernstige konflik tussen die twee lande ontstaan het oor die toekoms van die stad Kashmir nadat Indie sekere regte ingekort het.

Pakistan het ook alle handelsbetrekkinge met Indië gestop ’n daarmee die spanning tussen die lande tot breekpunt gedryf.

Pakistan het bygevoeg dat hy ook sy ambassadeur in die Indiese hoofstad Delhi sal terugroep weens die beweerde oortredings van Indië met betrekking tot die grondwetlike regte in Kashmir.

Inwoners van Pakistan, en in Kashmir, het verskeie massa optogte gehou om beswaar aan te teken oor die beperkings wat deur Indië ingestel is in die stad.