Opposisie wil OB laat ontslaan

Busisiwe Mkhwebane

Die linkse DA se pogings om di Openbare Beskermer te ontslaan, duur voort, maar die Rooi brigade probeer glo alles moontlik om te verhoed dat sy haar pos verloor.

Busisiwe Mkhwebane staar vele probleme in die gesig, en nou het die portefeuljekomitee wat oor haar besin, daarin geslaag om die aangeleentheid na die Speaker van die parlement te verwys.

Die Rooi brigade en die ANC se Zuma-faksie staan bankvas agter Mkhwebane, maar die ander opposisiepartye in die parlement eis reeds vir ’n geruime tyd haar bedanking.

Te midde van vele hofsake waarin die OB die onderspit gedelf het, is die hoofrede waarom opposisiepartye glo dat sy nie opgewasse is vir die taak van die Openbare Beskermer nie.