Opmars deur anti-OB leiers verwag

Hangwi Maumela

Die ontevredenheid wat tans in Suid-Afrika getoon word teen die omstrede Openbare Beskermer, vind nou ook neerslag met Hangwi Maumela wat selfs ’n opmars beplan na die OB se kantoor.

Op 30 Augustus sal die opmars gehou word waartydens Busisiwe Mkhwebane gevra gaan word om te bedank en haar pos as Openbare Beskermer te ontruim.

Die optog sal ook by die kantoor by tot Busisiwe haar kantoor verlaat, al sou dit beteken dat hulle voor die kantoor moet kamp tot die OB bedank het.

Die Openbare Beskermer kry die wind van voor in elke voorval, en die jongste hofuitspraak waar sy verloor het, word sy ook beveel om die hofkoste self te betaal.

Hangwi Maumela sê die optog sal slegs deur lede van die ANC en die SAKP meegemaak word, en sal by die OB kantore bly tot sy besluit het om te bedank.

Hy sê die OB is gekant teen Suid-Afrika, en kan nie langer in diens van die staat wees nie.