Onwettige immigrante spring in see

Spanning wat p ’n reddingsboot, die Open Arms, so erg geword het, het sowat tien van die 100 onwettige immigrante laat besluit om die skip te verlaat.

Die reddingsboot wat aan die suidelike gebied by Italië was moes die 100 mense na veiligheid neem, maar die Italiaanse owerheid het ’n verbod geplaas op die skepe om met onwettige immigrante uit Afrika in sy hawens toe te laat.

Die spanning op die Spaanse boot het glo te veel geword en 10onwettige immigrante het in di see gespring en gepoog om na die kus te swem.

Die boot was toe reeds 19 dae met die 100 immigrante aan die rond vaar op die oop see met die hoop om iewers geholpe te raak en di mense af te laai.

Later het ’n ander boot nader gegaan en is probeer om die mense uit die see op te pik, aangesien daar geen moontlikheid is dat hulle die kus sou beik nie.