Ongenooide skepe kry onvriendelike ontvangs

President Rodrigo Duterte

Di president van die Filippyne, Rodrigo Duterte het gewaarsku dat sy land onvriendelik sal optree teen skepe wat ongenooi in die land se gebiedswaters sou wees sonder die vooraf toestemming.

Die waarskuwing wat gesien word as algemeen gerig op enige land se skepe, is volgens kenners gerig tot Sjina nadat die Sjinese se oorlogskip naby die kus van Manila opgemerk is.

Volgens ’n woordvoerder van die Filippynse president, is meer as een Sjinese oorlogskip in die 12 myl gebiedswaters van die land waargeneem wat die indruk skep dat spioenasie die eerste moontlikheid kan wees.

Hy sê skepe moet besef dat hulle nie die 12 myl gebiedswaters kan binnegaan sonder toestemming nie, en indien dit nie gedoen word nie, sal hulle onvriendelikheid ervaar.

Filippynse inwoners het die afgelope weke sterk beswaar gemaak teen die teenwoordigheid van Sjinese kuswag bote, asook para-militêre vaartuie wat in die seegebied van die Filippyne is.

Duterte bring ’n amptelike besoek op 28 Augustus aan Sjina en het gesê die aangeleentheid sal beslis op die sakelys wees.