OB wil gelykgestel wees aan regters

Busisiwe Mkhwebane

Die Openbare Beskermer,  Busisiwe Mkhwebane, het op die sosiale netwerk probeer om haar beeld te verdedig deur aan te dui dat sy soos regters behandel moet word.

Die OB reken regters word nie verantwoordelik gehou vir hulle verkeerde uitsprake of bevindinge nie, en hoef nie te betaal vir hulle foute nie.

Sy reken die OB behoort ook vrygestel te word van betalings wanneer sy foute begaan het.

Busisiwe Mkhwebane het reeds soveel geld verloor weens foutiewe optrede wat deur howe bevind is, dat sy bykans R1 miljoen aan hofkoste moet opdok.

Die bewering is gemaak dat sy in haar hoedanigheid as OB skuldig is aan meineed toe sy ’n onwaarheid kwytgeraak het voor die Zondo kommissie, wat kenners laat wonder waarom sy steeds in diens is.