OB ontken sy is korrup

Die Openbare Beskermer het aantygings ontken dat sy korrup is en geld van die Guptas ontvang het in die verlede.

Busisiwe Mkhwebane word daarvan beskuldig dat sy twee jaar voor haar aanstelling as OB, by minstens een geleentheid sowat R5,000 ontvang het van die Guptas.

Dit word nie genoem of sy die bedrag maandeliks ontvang het nie, maar die vermoed bestaan dat sy dit moontlik meer as een keer ontvang het.

Sy het egter gesê hulle moet al haar bankstate van die FNB rekening trek en bewys dat sy geld van die Guptas gekry het.

’n Nie-winsgewende buitelandse organisasie het die bewerings gemaak, maar behalwe dat dit haar kanse om in die pos verder benadeel, het dit internasionale gevolge vir Suid-Afrika.