OB kry nog ’n kopskoot

Cyril Ramaphosa.

Die Openbare Beskermer het Donderdag weer ’n kopskoot gekry toe sy die Hooggeregshof saak in Pretoria verloor het teen die ANC president, Cyril Ramaphosa.

Busisiwe Mkhwebane moes vir die soveelste keer in die hof hoor dat sy verkeerd is en hierdie keer is die president die wenner wat volgens die regter, alles gedoen het wat redelikerwys van hom verwag is.

Die Rooi brigade wat die OB deurlopend ondersteun het in die saak is ook oor die vingers getik dat hulle onredelike eise en verwagtinge gestel het.

Die hof het beslis dat die Rooies en die OB persoonlik verantwoordelik is vir die koste van die hofsaak.