OB kry hulp met hofkoste

Busisiwe Mkhwebane

Busisiwe Mkhwebane, die omstrede Openbare Beskermer wat deur Jacob Zuma aangestel is, kry nou uit ’n sekere ondersteuners kamp hulp vir haar regskoste.

Busisiwe Mkhwebane sit met ’n skuldlas van R900,000 vir hofkoste wat sy self moet betaal, en het glo aangebied om R100 per maand af te betaal daarop.

Intussen het ondersteuners begin met ’n veldtog om die enorme bedrag afgelos te kry, en donasies wat wissel van R5 tot R500 is reeds ontvang van ’n totaal wat op R90,000 staan.

Dit is slegs 10% van wat betaal moet word, en die verwagting is dat die invorderings veldtog nog lank sal duur voor die bedrag ten volle ingevorder is.