Nuwe aanslag deur Hong Kong demokrate

Die Hong Kong opposisie, het met ’n nuwe aanslag gekom om die wêreld bewus te maak van die anti-Sjinese oortuigings wat by die inwoners van die stad heers.

Die gelope naweek het hulle toegesak op die ontvangs lokaal van die Hong Kong Internasionale lughawe, en seker gemaak dat elke persoon wat van ’n vliegtuig die lokaal inkom, op hoogte van sake gebring word.

Benewens die baniere en plakkate met slagspreuke in meer as 20 verskillende tale, is elke reisiger by aankoms ook met ’n inligtings pamflet voorsien ten einde hulle bewus te maak van die krisis in die stad.

Die anti-regerings brosjures is in hulle duisende aan die reisigers beskikbaar gestel in die ontvangs lokaal, terwyl polisie magteloos moes toekyk hoe die vreedsame aksie verloop.

Die demokrate wat almal geklee was in swart T-hemde het ook goed ontwerpte vlieërs laat rondsweef met tientalle kort boodskappe daarop aangebring wat maklik leesbaar is en in verskillende tale geskryf is.