Nuusflitse

Vlag ook in huise verbied

Volgens berigte mag ‘n individu nie in sy eie huis die Oranje Blanje Blou Republiekvlag vertoon nie.  Dus word die individu voorgeskryf wat hy mag en nie mag in sy eie huis nie.  Waar kom vryheid van die individu ter sprake, iets  waarop die liberaliste so hamer?  Dis dieselfde argument dat kinders nie meer lyfstraf tuis mag ontvang nie. 

Verbruikers in vir ‘n skok

Weens die korrupte en bankrot kragvoorsiener van die land se toestand sal SA se belastingbetalers binnekort hulself moet staal vir hoër belastings en verdere elektrisiteits tarief verhogings.  Volgens ekonomiese kenners sukkel die land se ekonomie om te groei.  Die moontlikheid word al sterker dat Moody’s uiteindelik SA gaan afgradeer.

Eskom waarsku teen groei

Een van Eskom se Raadslede, ene Nelisiwe Magubane, het gewaarsku dat enige groei in die bruto binnelandse produksie die land in die duister kan laat.  Eskom se energie voorsiening is tans slegs 69%  en selfs ‘n groei van 0,1 % in die BBP kan beurtkrag as gevolg hê. 

Zonod kommissie koste beloop R100 miljoen

Die Staatskaping ondersoeke deur die Zondo kommissie se uitgawes beloop al meer as R100 miljoen. Intussen het die regter versoek dat hy meer tyd gegun moet word om diegene se storie aan te hoor wie se name genoem is as sondaars.