Nuusflitse

R2 miljard herwin

Volgens Pravin Gordhan is meer as R2.1 miljard herwin van onregmatige kontrakte wat aan kontrakteurs toegeken is deur staats entiteite. 

Dit beteken dat daar nog meer as R2,7 miljard êrens in iemand se rekening is wat herwin moet word.  Daar is klaarblyklik ‘n plan in werking gestel om korrupsie uit te roei.

Unisa prys Winnie Mandela

Die Universiteitsraad van Unisa het een van hulle  geboue hernoem na die “struggle”  kader Winnie Mandela wat Suid-Afrika met haar dosies vuurhoutjies wou omkeer. Alle kampusse se name moet nou aangepas word by die SA Konstitusie en die Wet op Mense regte. Mandela word beskryf as ‘n heldin wat die burgers van die land altyd eerste gestel het.