Nuusflitse

Zwane beskuldig oor Estina projek

Volgens getuies voor die Staatskaping kommissie het die vorige Minister van Minerale Sake, Mosebenzi Zwane, die munisipale bestuur van Phumelela forseer om die Estina Suiwelprojek goed te keur.  Geld wat geoormerk was vir opkomende boere is gekanaliseer na maatskappye wat bande gehad het met die Guptas.  R200 miljoen is sodoende aan die Gupta “gegee”.

Zille en BLF

Helen Zille het weer haar speelgoed in ‘n ander kas gegooi en hierdie keer teen die Suid Afrikaanse Nasionale Redakteurs Forum ten gunste van die EFF.  Sanef het die EFF hof toe gesleep oor aanvalle teen joernaliste.  Zille se argumente ten gunste van die EFF word as onlogies, ongegrond en misleidend beskryf.

ANC maak “skoon”

Natal se ANC het eThekwini (Durban) se burgemeester ,Zanzile Gumede,  en Msunduzi (Pietermaritzburg) se burgemeester, Themba Njila,  gevra om hul poste te ontruim. Gumede staar tans klagtes van korrupsie in die gesig en is op R 50 000 borgtog vrygelaat.  Hulle gaan egter “herontplooi” word waar hul dienste beter aangewend kan word, aldus  Mdumiseni Ntuli die Natalse ANC provinsiale sekretaris.