Nuusflitse

Bank aandele daal skerp

Banke se aandele het op die Johannesburgse Effekte Beurs drasties waarde verloor en die daling in hul indeks pryse is die skerpste sedert April 2017. Volgens ekonome is verbruikers en besighede onder druk en dit werk deur na die banke. Nedbank se voorspelling van die BBP is gesny van 1,3% tot 0,5% vir die 2019 jaar.

Immigrante getalle styg steeds

Dit blyk dat die getal ongedokumenteerde immigrante weekliks meer word.  Nou word weer pogings aangewend om die grense van die land te beveilig, iets wat die afgelope 30 jaar verwaarloos is en daartoe gelei het dat tussen 5 en 10 miljoen uit Afrika lande die land se grense oorgesteek het en hier plak en werksgeleenthede van die land se inwoners ontneem.