Nuusflitse

Damwater in Wes-Kaap

Soms is daar in die ruwe Suid Afrika ook goeie nuus.  Kaapse damme het die afgelope tyd met goeie reëns hul hoogste vlakke in vier jaar bereik.  Tans is die gemiddelde vlak van damme in die provinsie bo 61% in vergeleke met die 28% in 2017.  Kaapstad se damme is meer as 80% vol maar die Karoo gebied is steeds in ‘n benarde posisie met sekere dele wat tot 5 jaar laas goeie reëns gehad het.

Sokker baas se verkiesing

Danny Jordaan se verkiesing as Suid Afrika se sokker baas het net meer as R6 miljoen gekos. Dit terwyl die opponerende kandidaat onttrek het aan die verkiesing.   Vyf kommissie lede wat die verkiesing hanteer het, het gesamentlik R2,1 miljoen “verdien vir die werk” terwyl die res spandeer is aan vliegkoste, akkommodasie en die gebruiklike “verversings” wat verorber is.

Eskom se interim baas in spervuur

Pravin Gordhan se aanstelling van Jabu Mabuza as interim voorsitter van Eskom,  het onder spervuur gekom nadat dit aan die lig gekom het dat Mabuza se familie besigheids belange het by die instandhoudings gedeelte van die entiteit sowel as by die voorsiening van steenkool aan Eskom.  Mabuza dien tans as voorsitter van die raad en is ook die groep se hoof uitvoerende beampte.