Nuusflitse

Werkers pers Stadsraad af

Die stakende munisipale werkers wat Pretoria in chaos gedompel het en die stad bemors het met vullis, het ʼn bonus van R318 miljoen ontvang na “onderhandelings” met die vakverbonde.  Die busbestuurders en diegene wat hul gehelp het om die te busse te “steel” by die bus depot waarmee hul die paaie versper het, gaan seker skotvry afkom van die hele episode.

Polisie vlug voor opstokers

Die polisie in Johannesburg het na ʼn konfrontasie met buitelandse straat verkopers haastig die aftog geblaas nadat die verkopers hul met klippe en ander voorwerpe bestook het. Die polisie het hul optrede beskryf as ʼn “taktiese” onttrekking.