Nuusflitse

Ou Mutual

Die hoof van Ou Mutual wat afgedank is, sê hy weet nie waarom die maatskappy hom nie meer as Hoof Uitvoerende Beampte wil terug ontvang na die hof beveel het dat hy in sy pos herstel moet word nie.

Openbare Beskermer

Die Openbare Beskermer het weer in die hof verloor toe ’n perdewedren maatskappy ’n interdik teen haar beslissing gekry het, wat toon dat die OB se familie met reg baie bekommerd kan wees oor die wavrag geld wat sy uit haar sak moet betaal vir hofsake wat teen haar bevinding uitgewys is.

Pretoria

Munisipale werkers van Pretoria is steeds aan die staak, en benewens die blok van strate in die middestad, word vullisdromme omgekeer en besoedel die stad met gemors en reuke wat soms in lokasies is.

Renoster stropery

Die afgelope jaar is  318 renosters deur stropers gedood teenoor die vorige jaar se 383, en die verlaging word toegeskryf aan beter bewaring metodes wat toegepas word.

SA Inkomstediens

Drie senior amptenare van die SAID, Hlengani Mathebula, Teboho Mokoena, en Luther Lebelo , word onderwerp aan dissiplinêre verhore weens onreëlmatige optrede, wat aandui dat die nuwe hoof die nodige gesag en dissipline wil herstel.