Nuttelose SAW in Wes-Kaap

Sedert meer as 1,000 “troepe” in die Kaapse misdaad  vlaktes ontplooi is het het moorde nie afgeneem nie.  Die afgelope week het daar 47 moorde plaasgevind.

Die ANC se minister, Bheki Cele en Alan Winde is albei ontsteld oor die sinlose optredes maar dit blyk dat die staat sy stryd teen misdaad verloor het. 

Alan Winde gaan nou ‘n brief rig aan die SA Weermag en vra vir ‘n verslag rondom die effektiwiteit van die SAW. 

Die Weermag het glo ‘n tekort aan hulpbronne en voldoende gereedskap aldus Winde. 

Watter soort gereedskap hulle nodig het word nie gemeld nie, maar dit is duidelik dat die Weermag se teenwoordigheid geen verskil maak aan die bende geweld nie.