Noord-Korea wil wapen program uitbrei

Noord-Korea se leier, Kim Jong-Un, het $2 miljard uit sy kuber begroting onttrek om die wapen ontwikkelingsprogram uit te brei.

Die afgelope naweek het Noord-Korea die vierde toetsprogram van nuwe missiele uitgevoer binne die afgelope twee weke.

Dit volg glo nadat Kim Jong-Un beweer het dat die VSA onderneem het om sy militêre oefeninge saam met Suid-Korea te staak in die lig van die onderhandelings wat met Trump gevoer sal word.

Kort daarna het die VSA se Minister van Buitelandse Sake ontken dat so ’n onderneming gegee is, en gesê die VSA se militêre oefeninge saam met Suid-Korea gaan voort in Augustus.

Kenners meen die moontlikheid dat ’n volgende ontmoeting tussen President Trump en Kim Jong-Un, nou ’n onmoontlike blyk te wees, veral omdat Noord-Korea $2 miljard bykomend bewillig het om sy kernwapen program te finansier.