Noord-Korea wapen-program gaan voort

Die leier van Noord-Korea, Kim Jong-Un, het die afgelope naweek ’n nuut ontwerpte missiel geïnspekteer wat beskryf is as ’n “groot kaliber multi lanserings gids vuurpyl stelsel”.

Die inligting is deur die Noord-Korea staats media vrygestel en is in opvolging van twee afsonderlike gevalle van missiele wat afgevuur is in die afgelope agt dae.

Die inspeksie deur Kim Jong-Un word beskou as ’n voorloper om die nuut ontwerpte missiel moontlik hierdie week aan toetse te onderwerp.

Die hervatting van Noord-Korea se wapen program volg glo nadat die VSA bevestig het dat militêre oefeninge in samewerking met Suid-Korea voortgaan soos in die verlede gedurende Augustus.

Kim Jong-Un het vroeër gesê die VSA se voorneme om saam met Suid-Korea hul militêre oefening te hou, ’n verbreking van die ooreenkoms is, maar die VSA ontken dat hy ooit gesê het hy sal die oefening staak.