Noord-Korea staak dialoog met Suide

Kim Jong-Un

Die kommunistiese Noord-Korea het aangekondig dat geen verdere dialoog met sy suidelike buurstaat, Suid-Korea gevoer sal word nie.

Die aankondiging kom nadat die gesamentlike militêre oefeninge van Suid-Korea en Amerika verlede week in aanvang geneem het.

Ten einde verdere waarskuwings aan Suid-Korea te stuur, het Kim Jong-Un se militêre mag weer twee kort afstand missiele lanseer wat in die see neergeplons het.

Kim Jong-Un het vroeër geëis dat die VSA sy belofte moet hou om nie verdere militêre oefening saam met Suid-Korea moet hou nie, en gesê indien dit wel gebeur word sy wapen ontwikkeling hervat.

Minister Mike Pompeo van Amerika het die bewering ten sterkste ontken en gesê die VSA gaan voort met sy gesamentlike oefening, of Noord-Korea daarvan hou of nie.

Militêre deskundiges sê die twee missiele wat lanseer is, is van geen betekenisvolle waarde nie, en kan hoogstens teen Suid-Korea gebruik word, wat dit effektief sal afweer met die Amerikaanse afweerstelsel wat verlede jaar aangekoop is.