Noord-Korea lanseer nog projektiele

Terwyl president Donald Trump gelukkig gehou word met ’n “vriendelike brief” van die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-Un, word verdere toetse met kort afstand projektiele steeds gedoen.

Die afgelope naweek het die kommunistiese Skiereiland sy vyfde toets uitgevoer binne twee weke toe twee kort afstand ballistiese missiele vanaf sy ooskus gelanseer is.

Die lansering wat deur die Suid-Koreaanse weermag gemonitor is, sê die lansering van twee missiele, wat in die see neergeval het, kom temidde van moontlike samesprekings in die volgende weke tussen President Donald Trump ’n Kim Jong-Un.

Noord-Korea sê in ’n mediaberig dat die lansering van missiele ’n waarskuwing is vir die VSA en Suid-Korea om nie voort te gaan met die beplande gesamentlike militêre oefening nie, maar die VSA het bevestig dat die oefen program voortgaan soos wat dit elke jaar beplan en uitgevoer word.