Nong Kong in sy grootste krisis ooit

Die verset onder die jongmense in Hong Kong het die stad tot sy grootste krisis ooit sedert 1997 gebring toe Brittanje die beheer van die stad aan Sjina oorgedra het.

Die weke lange verset optogte, wat uiteindelik ook gelei het tot stakings, het die stad lamgelê en het sy toerisme bedryf ’n laagtepunt bereik.

Volgens waarnemers is Hong Kong reeds meer as 60 dae in ’n krisis terwyl die finansiële verlies vir die stad onberekenbaar is en sakelui erg bekommerd is oor die toestand.

’n Woordvoerder van die Sjinese regering sê Hong Kong se krisis word by die dag groter en groter, en die massa optogte laat toeriste hulle vakansie besoeke aan die stad kanselleer.

Die demokrate van Hong Kong sê hulle verset sal beëindig word sodra die omstrede wetgewing wat tans ter syde gestel is, geheel van die tafel gevee word, want inwoners is ni gediend met die plan om in Sjinese howe verhoor te word nie.

Sjina het ’n byeenkoms gehou met afgevaardigdes van die parlementslede in die Sjinese Nasionale Volkskongres en van Hong Kong se owerheid, maar die demokrate was nie toegelaat tot die vergadering waar die krisis bespreek is nie.