Nog probleme vir Openbare Beskermer

Busisiwe Mkhwebane

Die Openbare Beskermer het gekla dat daar ’n smeerveldtog teen haar gevoer word omdat sy die “onaantasbare” mense se sake ondersoek.

Die anti-korrupsie groep, Accountability Now, het egter ’n kriminele klag van

meineed en verydeling van die reg teen Busisiwe Mkhwebane gelê en terselfdertyd ’n klag ingedien by haar eie kantoor vir wanbestuur.

Die optrede bring mee dat die kantoor van die Openbare Beskermer ’n ondersoek moet doen na Busisiwe Mkhwebane se handelinge.

Die Accountability Now organisasie het ook ’n klag by die polisie gelê wat kan beteken dat sy krimineel vervolg kan word.

Die kriminele klag sal deur die Valke ondersoek word, sê advokaat Paul Hoffman SC wat namens die Accountability Now optree.