Nog ‘n SABC baas loop

Die SABC se hoof operasionele beampte, Craig van Rooyen het bedank. 

Van Rooyen was ook betrokke by die uitvoerende tegnologie afdeling van die SABC.  Sy redes word aangegee as persoonlike en familie aangeleenthede.  Van Rooyen is egter oortuig dat die SABC sy probleme sal oorkom en die raad van die SABC het te kenne  gegee dat hulle baie jammer is om hom te verloor.

Die nasionale uitsaaier slaag nie daarin om uit sy patetiese posisie weg te breek nie, en alhoewel die ANC regering hulle uit ’n leë staatskas met nog geld moet bederf, bly die sukkel bestaan steeds voortduur.