Nog meer werkloosheid kan kom

Terwyl Suid-Afrika se ekonomie al verder terug val op pad na ’n resessie, blyk dit dat banke ook ’n verdere 10,000 werkers gaan aflê.

Die bewering wat deur ’n vakbond gemaak is, is kort daarna deur van die groter bankgroepe verwerp.

Die finansiële insinking word met ernstige kommer dopgehou, en die feit dat Standard Bank besluit het om van sy takke t sluit, het meegehelp dat waarnemers besorg geraak het oor die volhoubaarheid om alle personeel in diens te hou.

Bewerings is gemaak dat Standard bank tot 6,000 werkers kan aflê terwyl Nedbank sowat 3,000 poste afskaf en Absa byna 900 werkers gaan aflê.

Die bewering is gemaak dat die afleggings deel is van die sogenaamde “vierde industriële revolusie” maar die bankgroepe het ontken dat die afleggings gemaak word.