Nedbank waarsku regering

Nedbank het hul half-jaarlikse verslag gebruik om ‘n strak waarskuwing aan die regering te rig. Volgens die verslag is daar ‘n 10% kans dat Suid Afrika oppad is na ‘n Ramafobie scenario.

Dit behels die binnegevegte in die ANC, die stryd wat verloor word teen korrupsie, meer afgraderings, krag onderbrekings met toenemende spanning en sosiale onrus. 

Nedbank het ʼn toename beleef in skuld wat nie herwin kon word nie wat ʼn toonbeeld is van die land se sukkelende ekonomie.