Moskou in verset oor stemreg

Die Russiese staats kommunikasie agentskap het die internet reus Google versoek om nie die “onwettige” verset optog van duisende inwoners van Moskou te dra nie.

Die verset optog wat geïnisieer is deur opposisielede teen die Poetin-regering het in hulle derduisende saamgedrom in Moskou om hulle ontevredenheid te toon omdat sekere opposisie kandidate nie toegelaat is om as kandidate te staan in die Moskou munisipale owerheid se verkiesing nie.

Die optog wat waarskynlik een van die grootstes van sy soort is wat Moskou die afgelope 20 jaar beleef het, is met polisie geweld teengestaan in ’n poging om die mense uitmekaar te dryf.

Traanrook, rubber koeëls en knuppels is nie gespaar om die vreedsame optog teen te werk nie, en ’n paar honderd is in hegtenis geneem, waarvan die grootste aantal later die dag vrygelaat is.

’n Regeringswoordvoerder het gesê die versuim van Google om gehoor te gee aan die versoek om nie materiaal van die optog op die internet toe te laat nie, sal gesien word as ’n inmenging in die verkiesing se soewereiniteit van Rusland.

Rusland het prominente persone wat as kandidate van die opposisieparty aan die verkiesing wou deelneem, verbied deur te kenne t gee dat die kandidate kriminele rekords het.