Moskou hof ten gunste van betogers

Die hof in Moskou het beslis ten gunste van die betogers dat hulle kandidaat wel mag deelneem aan die verkiesing in Septembermaand.

Die Russiese opposisie kandidaat, Sergei Mitrokhin, was deur die verkiesingskommissie verbied om te staan in die plaaslike verkiesing,

Die hof het die beslissing gevel, slegs drie dae na die groot massa optog in die strate van die hoofstad gehou is deur duisende inwoners wat beswaard was oor die verbod.

Alhoewel die kandidaat waarskynlik nie verkies sal word as lid van Moskou se plaaslike raad nie, word die hof se bevinding as ’n morle oorwinning vir die opposisieparty beskou.

Die opposisieparty se ondersteuners het ’n maand lank demonstrasies gehou in Moskou om te protesteer teen die besluit, maar politieke ontleders sê die hof se beslissing geen die kandidaat te min tyd om ’n behoorlike verkiesingsveldtog te voer.