Mkhwebane vs Ramaphosa wek belangstelling

Dit blyk dat getuienis wat geliasseer is onder Reël 53 sluit ook in die bankstate van die verskillende entiteit betrokke by die verkiesingsveldtog.

Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se regsverteenwoordigers het rekords waarop sy staatmaak  in haar verslag oor  Cyril Ramaphosa se saak, geliasseer wat handel oor die R500,000 wat van Gavin Watson en Bosasa afkomstig is.

Die geld wat glo deel van die verkiesingsveldtog se donasies is vir die ANC presidentsverkiesing, is steeds ’n saak wat belangstelling wek nadat die OB in

Regsverteenwoordigers gebruik glo ingewikkelde menings oor die hantering van sake onder Reël 53 wat self ook ongemaklik verstaanbaar is, en sal in die hof uitbaklei moet word.

Ramaphosa het die hof genader om ’n interdik te kry oor die OB se verslag, en gera dat die saak in hersiening geneem moet word.

Alhoewel die interdik toegestaan is, beteken dit nie dat die OB se geveg met die ANC president verby is nie, en kan die volgende rondte in die hof dalk in haar guns draai oor die beweerde misleiding.