Minister koop stemme vir president

Die stof het nog nie gaan lê rondom die CR 17 “donasies”  in 2017 nie toe dit  blyk dat die Minister van Kleinsake Ontwikkeling,  Khumbudzo Ntshavheni, groot skenkings gemaak het aan ANC leiers.

Die skenkings is glo om vir Ramaphosa te stem tydens die ANC leierskap verkiesing in 2017  wat hy naelskraap gewen het.

In Limpopo, Gauteng, Oos Transvaal, Noord-Wes en Natal is ANC kaders nou ongelukkig oor haar optrede en voel dat sy hulle misbruik het. 

Verdere bewerings is dat van die donasies gebruik is om vir haar ma ‘n “paleis” te bou in Thohoyandou en haar self gehelp het om ‘n luukse motor aan te koop.

Volgens die CR17 “lekkasie” het Ntshavheni, Thembi Siweya, Enoch Godongwana, Marion Sparg en Mxolisi Dukwana miljoene verdien vir hul rol in die verkiesings veldtog.