Miljarde kon beter spandeer word

Die Nasionale Gesondheidsplan van die ANC regering kan soveel as R400 miljard per jaar beloop, en onder sekere omstandighede selfs meer wees.

Kenners wat sterk gekant is teen die beoogde plan, wys daarop dat die geld aansienlik beter aangewend kan word om toestande in die gesondheidsdienste te verbeter.

Die opleiding van verpleegpersoneel, die opgradering van hospitale wat tans in chaos is, die verkryging van beter en mee moderne toerusting in hospitale, en die beskikbaarstelling van medikasie aan ouer mense behoort voorrang te geniet.

Daarbenewens behoort meer skole, beter opgeleide onderwysers, nou voorrang te geniet om uiteindelik beter gesondheidsdienste te lewer met werkers wat ’n beter opvoedkundige kwalifikasie bekom het.