Mediese standaarde

Die vraag word, en is dikwels al gevra of SA se medici werklik voldoende gekwalifiseerd is die dag as hul die universiteite verlaat en hul opleidings-, of te wel dokters, jaar voltooi het.  Rondom die staats hospitale  se standaarde is daar geen argument dat dit tans gevaar sones is wat liewers vermy moet word.  Wat dokters betref staar die staat miljoene rande se eise in die gesig rondom wanpraktyke wat plaasvind in hul inrigtings en dit weens nalatigheid van dokters en nasorg personeel. Sopas  is ‘n dokter wat in Potchefstroom gepraktiseer het, geskors – hy is skuldig bevind op al 26 sake wat teen hom ingebring is. Die Mediese Raad (HPCSA) se regs verteenwoordiger het die raad versoek om so ‘n vonnis op te stel dat die dokter, dr. David Sello, nooit weer naby ‘n pasiënt mag kom nie. Sello se prokureur het gevra dat hy ‘n tweede kans gegun moet word ten spyte daarvan dat Sello se “foute” baie lewens gekos het.

Dit bring mens by die Nasionale Gesondheidsplan van die regering wat alle inwoners van die land wil dwing om van ‘n gesentraliseerde medies stelsel gebruik te maak.  Toelatings vereistes vir voornemende dokters is die afgelope 20 jaar afgewater waar sekere bevolkingsgroepe se slaagvereistes in matriek slegs  60% moet wees terwyl diegene met ‘n ligter gelaat 80% moes behaal het om toegelaat te word.

Louis Pasteunr