Malema en Tito verloor steun

In ’n onafhanklike meningspeiling wat pas afgehandel is, word aangedui dat Malema aansienlike steun verloor, wat verklaar waarom daar reeds bespiegel word oor sy voortgesette leierskap.

In verskeie koerante en beoordeel aan meningsvormers se uitsprake, kan Malema moontlik teen die einde van vanjaar vervang word as leier van die radikale party.

Die peiling toon egter ook dat minister Tito Mboweni ook veel minder steun het as etlike maande gelede, wat toegeskryf word aan sy bydrae om finansiële hulp te verleen aan die bankrot entiteite van die staat.

Die verbasende is dat Cyril Ramaphosa se steun van 58% tot 61% gestyg het, maar dit is bepaal voordat dit wêreldkundig gemaak is dat R160,000 aan twee parlementslede van die EFF betaal het.