Maleisië lê beslag op tonne dwelms

Die gesagvoerders in Maleisië het die afgelope naweek beslag gelê op 3,7 ton dwelmmiddels waarvan ’n groot deel kokaïen is.

Die totale straatwaarde word geraam op meer as $161 miljoen en is die land se grootste dwelm fonds tot op datum.

Maleisië is ’n sleutel punt vir die dwelmhandelaars om hulle voorraad verder versprei te kry, maar het nog nooit beslag gelê op so ’n groot besending nie.

Die dwelms is in sakke verpak en die skurke is betrap toe veiligheidsmagte op soek was na twee verdagtes toe hulle op 470 kg dagga afgekom het.

Talle mense wat betrokke is by die dwelm sindikaat kon vasgetrek word nadat die  3,200 kilogram kokaïen gevind is.