Maduro weier gesprek met Guaido

President Maduro

Alhoewel die omstrede president van Venezuela, Nicolas Maduro, en sy afvaardiging weier om die gesprek met die opposisieleier te hervat, het die Noorweegse regering weereens tussenbeide getree.

Noorweë sê hy bly in kontak met die regering van Venezuela nadat President Maduro die volgende rondte samespreking afgelas het.

Noorweë bly ook in kontak met die opposisieleier, Juan Guaido, wat deur die Westerse lande erken word as die tussentydse regeerder van Venezuela.

Die regering in Oslo beywer hom om die twee partye in dialoog met mekaar te hou ten einde die krisis in die land op te los, maar verlede week het Maduro te kenne gegee dat hy nie voortgaan met die gesprek nie.

Maduro voer aan dat die VSA se aksie om sy land se bates te vries, hoofsaaklik die rede is waarom hy verdere gesprekke weier.

Die Noorweërs het nie ’n datum vasgestel vir die volgende rondte samesprekings nie, maar poog steeds om die twee partye in dialoog te hou.