Luxemburg: Tornado saai verwoesting

’n Tornado wat die naweek Luxemburg getref het, was die ergste wat die stad nog beleef het toe dit ’n spoor van verwoesting agter gelaat het.

Die tornado se omvang was so wyd dat dit selfs dele van Amsterdam getref het, waar ook erge skade aangerig is.

Die rare verskynsel van ’n tornado het die suidwestelike deel van Luxemburg getref waar minstens 14 mense beserings opgedoen het en sowat 160 geboue beskadig is.

Die tornado met ’n windsterkte van 130 kilometer per uur, het talle dakke van geboue afgeruk ’n menige bome ontwortel wat paaie versper het.

Kragonderbrekings het oor ’n wye gebied voorgekom en verkeer is ontwrig terwyl bus en spoor vervoer ’n tyd lank gestaak moes word.

Weerkundiges beweer dat dit die eerste keer is dat Luxemburg so ’n ervaring beleef het, en skryf dit toe aan die klimaatsverandering wat verskillende nuwe natuurverskynsels na vore bring.