Kuba desperaat om ekonomie te verbeter

Die kommunistiese regering van Kuba is skynbaar desperaat om die swak ekonomie van die land te verbeter, en het selfs sovêr gegaan om belasting te hef op vars groente, vrugte, varkvleis en tot by haarsnyers se dienste.

Kuba ondervind ernstige probleme en sê in ’n verklaring die heffings is ’n poging om inflasie teen te werk wat salaris sowel as pensioene laat styg.

Intussen is basiese voedselsoorte ook met prysbeheer belas, wat mededinging uitskakel en nuwe maatreëls is in werking om belastings in te vorder.

Kuba het in die verlede sekere produkte onderwerp aan prysbeheer, maar die jongste maatreël is volgens waarnemers ’n teken dat die land ernstige finansiële probleme ondervind sedert die VSA sanksies ingestel het.

President Miguel Diaz-Canel het onlangs aangekondig dat dringend noodsaaklike maatreëls ingestel gaan word om die land se ekonomiese krisis die hoof te bied.