Konserwatiewes verloor steun in Argentinië

President Mauricio Macri

Die konserwatiewe president van Argentinië, Mauricio Macri, voer ’n opdraande stryd om die presidentsverkiesing te wen, en die opposisie kandidaat het reeds ’n stewige groei getoon.

Ontevredenheid heers in Argentinië oor die president se hervormings planne, en die linkse Alberto Fernandez het in die eerste rondte van die verkiesing 15% meer steun vir sy koalisie behaal.

Die groei, wat aansienlik meer is as die verwagte groei wat deur meningspeilings voorspel is, kan beteken dat president Macri die tweed rondte kan verloor.

Die kandidaat wat 45% van die steun kry, word as president verkies, maar indien ’n kandidaat 40% steun kry, en dit is 10% meer as sy opponent, is hy ook outomaties verkies tot president.

Macri het in ’n onderhoud gesê sy span sal van nou af ’n groter poging aanwend om in die tweede rondte gedurende Oktober, weer sy volle steun te herwin.