Kommandowurm ruïneer Sjinese boere

Die gevreesde kommandowurm, wat alles kaal vreet soos sprinkane, is besig om menige kleinboere in Sjina te breek toe die plaag onverwags op groot dele landbou grond toegesak het.

Talle kleinboere wat ’n bestaan voer met suikerriet in die Suidwestelike Sjina, moes toekyk hoe hulle volgende oes deur die wurms verorber word.

Die boere wat ekonomies swaar kry, beskik nie oor die fondse om middels te koop waarmee die plaag bestry kan word nie, en talle het reeds die grond verlaat met die hoop om elders werk te kry.

Die bestryding van kommandowurms is ook uiters moeilik aangesien hulle net in die nag uitkom en die plante verniel tot niks oor bly nie.

Die kommandowurm plaag het reeds oor ’n afstand van 3,000 kilometer versprei na die noorde, en die onkunde by Sjinese kleinboere het gelei tot die vernietiging van groot gebiede se oeste wat ook ’n negatiewe invloed het op die land se produksie.

Nagenoeg 21 provinsies in die land sit reeds met die plaag opgeskeep, en die owerheid se onsimpatieke benadering het die bestryding ’n onmoontlike taak gemaak, sê die boere.