Kewers vernietig SA bome

Die kewer wat in bome gate boor en die boom kort daarna vrek, kos SA reds derduisende bome wat gevrek het en nou ook ’n ernstige bedreiging word vir boomryke stede.

’n Nuwe tegnologie wat in die land ontwikkel is, kan egter die krisis afweer, en die bedreiging wat tans die boomryke Johannesburg sonder ’n enkele boom kan laat, is dalk net die antwoord.

’n Suid-Afrikaanse maatskappy het nou ’n unieke tegnologie ontwikkel om die boorder kewer plaag uit te roei wat ook in verskeie ander lande ’n pes geword het.

Behalwe Suid-Afrika, is Israel, Japan, Kalifornië, Suid-Korea en nog lande met die plaag opgeskeep wat gate boor in die bome en daarmee die bome laat doodgaan.

Die kewers wat ook ’n ernstige bedreiging inhou vir die Kruger Wildtuin se bome, sal blykbaar met die nuwe tegnologie gered kan word  

Klein balletjies met stof gevul waarvan die kewers lewe, word aan bome gehang, en deur kontak te maak met die balletjie, is dit taboe vir die kewer wat kort daarna sal vrek.

Die avokado boom word bedreig, en kan nou glo doeltreffend beskerm word teen die pes wat reeds duisende bome in die land laat vrek het.