Kashmir: Pakistan vra gesprek met VN

Pakistan het ’n skriftelike versoek gerig aan die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad oor Indië se oortreding van Kashmir se dekades oue status.

Spanning is reeds naby breekpunt tussen die twee lande wat albei oor kernwapens beskik en reeds dreigemente teenoor mekaar geuiter het.

Pakistan maak beswaar omdat Indie nuwe maatreëls in plek kry wat die huidige status van die stad aantas, en wat gelei het tot protes optogte deur die stad se inwoners.

Verlede week het die Indiese Hindoe nasionalistiese regering die outonomie en status van Kashmir afgeskaf wat glo sedert 1947 gegeld het.

Pakistan het alle diplomatieke bande met die buurland opgeskort en selfs treindienste na en van Indië is gestaak.

Intussen het Sjina ook toegetree in die krisis en gesê hy Pakistan ten volle steun in die Veiligheidsraad.

Inwoners van die stad het by verskeie geleenthede gevra om as onafhanklike stad verklaar te word, maar dit het op dowe ore geval.