Johnson: Sekere parlementslede werk teen Brexit

Die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, het Donderdag gesê daar is sekere Britse parlementslede wat alles moontlik doen om Brexit uit die Europese Unie te blokkeer.

Hy sê hulle is besig met ondergrondse aksies om die onderhandelings van sy regering te belemmer en sodoende ’n geen ooreenkoms uittrede as enigste opsie lat oorbly.

Enkele ure nadat parlementslede gesê het hulle sal werk om te voorkom dat enige poging om Brexit deur te voer sonder parlementêre goedkeuring, sterk teengestaan sal word, het Premier Johnson hulle op die sosiale netwerk tot ’n debat van vraag en antwoord uitgelok.

Johnson sê die parlementslede dink hulle kan Brexit blokkeer, en so ook die Europese Unie, wat steeds die land se vriende is, benadeel.

Hy sê die eerste doelwit is om ’n kompromie te sluit met Europa, waarna die uittrede gefinaliseer kan word.