Johnson, Merkel en Macron in gesprek

Premier Johnson

Die Britse Eerste Minister, Boris Johnson ontmoet hierdie week vir Kanselier Angela Merkel van Duitsland en President Emmanuel Macron van Frankryk.

Dit sal die eerste ontmoeting van Premier Johnson wees met die twee regeringshoofde sedert sy verkiesing as Britse Eerste Minister.

Johnson se voortdurende uitsprake om druk te plaas op die Europese Unie sal waarskynlik deel vorm van die gesprekke, veral in die lig daarvan dat die EU sy tweede grootste lidland gaan verloor.

Die verhouding tussen Brittanje en die Europese Unie na 31 Oktober sal die belangrikste punt op die sakelys wees en die verskuiwing van sakeondernemings wat ’n ontwrigting gaan veroorsaak.

Die twee regeringsleiers van Europa is ook bekommerd oor die feit dat Johnson vasbeslote is om op die gestelde keerdatum van 31 Oktober, die Verenigde Koninkryk se lidmaatskap te beëindig, ongeag of die EU bereid sal wees tot ’n nuwe ooreenkoms of ’n geen ooreenkoms skeiding.

Waarnemers het dit vreemd gevind dat nog President Macron, nog Kanselier Merkel, enige verklaring wou maak oor die beoogde ontmoeting met di Britse premier nie.